Acorn Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kom geniet die Drakensberge se hemelse natuurskoon terwyl jy rustig en privaat bly by Acorn Cottages. Hiér sal jy amper net so tuis soos by jou eie huis voel. Acorn Cottages is op 'n plaas in die Champagne-vallei teen die voorheuwels van Monk's Cowl en Cathkin Peak geleë. Ons het 'n sentrale ligging in die gewildste deel van die Sentrale Drakensberge waar die meeste besienswaardighede geleë is. Champagne Castle, Cathedral Peak, die majestueuse Amfiteater by die Royal Natal Nasionale Park, Injisuthi en Giants Castle is net 'n entjie se ry van ons af.

Die kothuise is bekoorlik, knus en ruim. Elke eenheid het sy eie tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie en 'n Queen Ann-kaggel. Almal het privaat ingange via die patio's of die lowerryke tuin. Op 'n mooiweersdag kan jy ontbyt in die skaduwee van die akasiaboom geniet.

Ons is net 4 km van die Champagne-vallei se hoofroete af, en tog het ons 'n stil, rustige ligging en atmosfeer met meer as genoeg vermaak net om die draai.

Jy sal nooit verveeld wees met die verskeidenheid staproetes, restaurante en prettige doendinge op jou drumpel nie! Die vallei bied geleenthede vir gholfspeel, voëlkyk, besoek aan 'n valkskou, vertonings deur die Drakensberg Seunskoor en verskeie ander opwindende doendinge soos begeleide perdryroetes, bergklim en 'n opwindende Zipline-toer deur deur die digte blaredak van die inheemse bome wat teen die berg se pragtige kranse groei.

Ná 'n dag se avontuur in die buitelug kan jy hier langs die rotspoel kom sit of 'n skemerkelkie op die stoep geniet. Een van die vriendelike plaashonde sal jou graag geselskap kom hou.

Ons sien uit daarna om jou tuis te laat voel!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Acorn Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za