Addo Gateway Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Addo Gateway Lodge is 'n gastehuis met 'n ideale ligging naby die hoof-wildparke in die dorpie Cannonville. Die lodge is aan die oewer van die beeldskone Sondagsrivier in die Colchester/Addo-Suid omgewing en is die ideale oornagplek vir enigeen wat die park en ander wildreservate in die omgewing wil besoek.

Ons bied selfsorg- of B&B-verblyf. Elkeen van ons kamers het 'n privaat ingang en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Kamergeriewe sluit 'n TV, verwarmer, waaier, yskassie, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe in. Ons het ook 'n volledig toegeruste, rolstoelvriendelike dubbelkamer.

Daar is ook 'n lieflike kothuis agter die lodge met luukse geriewe. Dis volledig toegerus met 2 slaapkamers, 'n volledige badkamer, leefarea, kombuisie, onderdak-braai en privaat parkeerplek. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is gerieflike slaapplek vir 5 gaste.

Die gastehuis het 'n volledig toegeruste kombuis vir selfsorg-gaste met binne-braaigeriewe in die grasdak-lapa, 'n leefarea, eetkamer en braai-area buite. Die area lei na 'n groot oop dek wat oor die rivier en manjifieke sandduine oorkant die pad uitkyk waar jy kan sit en ontspan met 'n glas wyn terwyl jy die stil omgewing indrink.

Gaan op 'n heerlike riviervaart op die Sondagsrivier Veerboot. Dis rolstoelvriendelik en 'n fantastiese aanwins vir gestremde persone om só die Sondagsrivier en die bekende Alexandria/Colchester-duineveld te verken en die uitsigte oor die riviermonding en see te geniet. Gaan op 'n skilderagtige bootvaart of sandduin-vaart, en probeer gerus sandsleery.

Kom en geniet die ongelooflike uitsigte van die Colchester/Alexandria-duineveld, die tweede grootste kusduineveld in die wêreld en die grootste een in die Suidelike Halfrond. Verken die volop voëllewe al langs die riviermonding. Daar is reeds meer as 250 spesies aangeteken. Die rivier spog ook met 'n groot verskeidenheid visse en kabeljou.

Ons is net langs die N2, sowat 35 km oos van Port Elizabeth geleë en sowat 4 km vanaf die Addo Olifantpark se nuwe suidelike toegangshek, Camp Matyholweni.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Addo Gateway Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za