Affinity Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Affinity Cottages is in Perridgevale, Port Elizabeth geleë en bied gehalte-verblyf wat ideaal is vir 'n sakereisiger of 'n paartjie met vakansie.

Dis naby die Greenacres-winkelsentrum en mediese geriewe. Die ligging is ideaal vir besoekers aan Nelson Mandela-baai met die strand wat net 7 minute se ry weg is.

Elke eenheid beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed of 'n koninggrootte-bed, 'n badkamer met 'n stort en 'n leefarea met 'n dagbed wat in addisionele beddens omskep kan word vir 1 of 2 gaste. 'n Addisionele matras kan voorsien word vir kinders onder 12 jaar. Ander geriewe sluit 'n TV met DStv-kanale en gratis WiFi in. Elke eenheid se kombuis is toegerus vir selfsorg.
Gaste het toegang tot 'n stoep met stoepmeubels en braaigeriewe.

Die eiendom het afstandbeheerde toegang deur elektriese hekke en daar is veilige parkeerplek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Affinity Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za