Balgowan Akkommodasie by AfriCamps at Gowan Valley | LekkeSlaap
+31

AfriCamps at Gowan Valley

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 25 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R103, Gowan Valley Guest Farm, Balgowan, 3275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 190 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

AfriCamps at Gowan Valley bied glanskampverblyf op 'n prentjiemooi plaas in die Natalse Middellande. Die Midlands Meander het bekoorlike dorpe wat 'n verskeidenheid hotelle, trou-venues, restaurante, kafees, doendinge, wildreservate, avontuursport, forelplase, historiese landmerke en unieke kuns bied.

Verblyf by AfriCamps in Gowan Valley is beskikbaar in 5 selfsorgseiltente wat elk slaapplek vir 5 gaste het. Al die tente het 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea wat na 'n houtdek lei. Daarbenewens het elke tent gratis WiFi, lugversorging, 'n kaggel, 'n piekniektafel en sonstoele op die dek.

Al die tente het 'n privaat plonspoel of 'n houtvuur-warmbad. Gaste het ook toegang tot braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel.

Die Mpofana-rivier vloei deur die plaas en is 'n goeie plek om te duik of forel te vang. Ander doendinge op die plaas sluit piekniek langs die oewer van die rivier, staproetes deur die bos, of ontspanning in die roostuine in.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir AfriCamps at Gowan Valley
Netheid
4.7/5
Diens
4.3/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • R103, Gowan Valley Guest Farm, Balgowan, 3275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink AfriCamps at Gowan Valley het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 190
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 190
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 25 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R103, Gowan Valley Guest Farm, Balgowan, 3275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAzcdn0r1WQCnXhIsdHeL20qP9baTiiQtqORf4jxYYdegT2eUq8P?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 190  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 R103 Gowan Valley Guest Farm 3275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -29.398122789604 30.071296691895
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za