AfriCamps Klein Karoo

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

AfriCamps Klein Karoo is in die ongerepte Karoo geleë en spog met pragtige uitsigte op die Swartberge. Dit is die perfekte plek vir gaste om te ontspan en hulle batterye te herlaai. Unieke verblyf word in luukse tente aangebied waar gaste die plaaslewe kan ervaar. AfriCamps Klein Karoo is net 5 km van die middedorp af.

Verblyf word in 12 luukse glanskamptente aangebied. Die tente is om 'n groot dam gerangskik waar verskeie wildspesies, soos sebras, koedoes en elande rustig wei. Oudtshoorn ervaar tans 'n erge droogte en die lae damvlakke kan die hoeveelheid wild beïnvloed.

Die luukse glanskamptente is met die hand in Suid-Afrika gemaak en elkeen is ten volle toegerus met al die geriewe wat 'n mens in 'n luukse selfsorgwoonstel sal verwag. Elke tent het slaapplek vir 5 gaste.

Die tente spog met kleurvolle afwerkings om tot die glanskamp-ervaring by te dra. Elke tent beskik oor 2 slaapkamers wat gedurende die dag lekker sonnig is. Die slaapkamers het albei lugversorging en hulle eie ingange wat na 'n privaat en ruim badkamer lei. Elke tent het ook 'n ruim oopplan-leefarea met houtbanke en 'n goed toegeruste kombuis met 'n vierplaatstoof, yskassie, ketel, eetgerei en breekware.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Wildkyk
  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na AfriCamps Klein Karoo gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 090 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za