African Relish

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod

Ontvang 'n gratis halfdag kookklas (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 30 Mei 2019 tot 30 Aug 2019.

Beskrywing

African Relish is gestig in Prince Albert, 'n geskiedkundige en pragtige dorpie op die drumpel van die Groot-Karoo in die Wes-Kaap. Die Karoo is een van die wêreld se mees merkwaardige en eienaardige streke wat beroemd is vir die rus en vrede wat hier heers. Besoekers kan rus, ontspan, hul skoene uitskop en hul batterye bietjie herlaai terwyl hul die prag van dié vreemde deel van Suid-Afrika verken.

Verblyf word aangebied in uitgekose en opgeknapte kothuisies in 'n bekoorlike Karoodorpie. Die tradisionele leiwaterslote wat deur die dorpie kronkel voorsien die rustige klank van kabbelende water as agtergrond vir die luukse en goed ingerigte verblyf by African Relish.

African Relish bied jou die geleentheid om uitmuntende Karoo-kookkuns te ervaar en te leer! Ons bied kookkursusse aan vir enige reisiger wat enige tyd wil deelneem en daar is 'n verskeidenheid temas en spesialis-ervaringe om van te kies. Die kursusse wissel van halfdag- tot voldag-kursusse of gaste kan so lank aan 'n kursus spandeer as wat hulle wil. Ons kan ook enige tyd 'n kursus pasmaak vir jou, nes jy dit wil hê.

African Relish het ontstaan weens ons fassinasie met en passie vir kos. Ons bied 'n pasgemaakte-kookkursusvakansie van 3 tot 6 dae met interaktiewe lesse en kulturele ervaringe wat gelei word deur ons sjef. Ons nooi ook graag ander bekende en bekroonde sjefs van regoor Suid-Afrika om te kom les gee hier by ons! Let asb. op dat die restaurant net op naweke beskikbaar is.

Ons pakkette trek baie inspirasie van die ryk en diverse plaaslike kennis rakende kostradisies wat strek oor honderde jare in dié streek. Ons pakkette sluit gevarieërde en opwindende programme in wat wissel van kulturele ervarings tot luilekker doendinge in en om Prins Albert. Die hele omgewing is propvol geskiedenis en een van die mees kenmerkende argeologiese en paleontologiese streke in die wêreld! Gaste kan gaan vrugte pluk en droog, kaasmaak, broodbak en talle ander ervaringe meemaak wat deel vorm van die kulinêre opwinding wat ons hier bied!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na African Relish gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Ontvang 'n gratis halfdag kookklas (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 30 Mei 2019 tot 30 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false