After8 Bed and Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

After8 Bed and Breakfast is ’n pragtige, huislike gastehuis, 60 m vanaf die Kleinbaai-hawe in Stilbaai. Dié gastehuis word deur die eienaars, Chrissy en Colin, bestuur, en hulle bied persoonlike aandag en diens wat ’n onvergeetlike tyd by After8 Bed and Breakfast verseker.

Die gastehuis is stapafstand van die rotspoele, kuspaadjies en die beginpunt van die haaihokduik-toere af. As gevolg van dié ideale ligging, is After8 Bed and Breakfast die perfekte wegbreekplek vir avonturiers, natuurliefhebbers en ook diegene wat na ’n rustige vakansie smag.

Verblyf word in 3 pragtige gastekamers gebied, elk met sy unieke styl. Elke kamer het ’n slim-TV met Netflix en volledige DStv. Onbeperkte WiFi is beskikbaar.

’n Kontinentale ontbyt word daagliks in die eetarea bedien. Daar is ’n gemeenskaplike buitebraai en ’n gesellige kroeg binne waar gaste heerlik kan ontspan en saam kuier.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na After8 Bed And Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]