Garies Akkommodasie by Agama Tented Camp | LekkeSlaap
+19

Agama Tented Camp

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Drooggekraal Plaas, Garies, 8220, Noord-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R2 800 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Agama Tented Camp bied jou 'n toevlugsoord ver van die luisterryke safari-agtige woude en velde van Afrika. Hier in Namakwaland, 'n onbekende hoekie van Suid-Afrika wat gereeld misgekyk word, sal jy 'n eiesoortige skoonheid vind wat nêrens 'n gelyke het nie. Agama Tented Camp is 20 km noord van Garies en nooi jou uit om te kom uitspan in die droogte van dié unieke wildernis, hetsy tydens die blommeseisoen of nie.

Kom bietjie nader aan die natuur en herontdek die droë prag van dié streek deur in 'n tent tuis te gaan, en nie net enige tent nie, maar 'n unieke en topgehalte tentkamp! Die gemaklike tente het elkeen hul eie privaat badkamer en groot dek vanwaar jy die niksheid van hierdie deel kan indrink. 'n Tuisgekookte plaas-aandete en volledige Engelse ontbyt is ingesluit.

Altesaam is daar verblyf vir 14 mense, en hier kan jy jouself in die bos verloor. Hou 'n ogie oop vir 'n verskeidenheid vlaktewild en gemsbokke wat dié roesrooi deel van ons land hul tuiste noem. Geniet 'n skemerkelkie soos die son agter die niks sak en die pikswart nag die tente omvou, met net die sterre as buitelig.

In die wintermaande is daar niks lekkerder as om voor 'n knetterende vreugdevuur in die tradisionele boma te sit en stories uitruil met 'n drankie in die hand nie. Gedurende die somer maak ons nie vuur nie en dan is dit donkerder saans sodat jy net des te beter die asemrowende sterrehemel kan gade slaan.

Of jy nou op soek is na 'n lekker vroegoggend-wildrit, 'n skemerkelkie met 'n uitsig, 'n voetslaanroete of net 'n lekker braaivleisvuur in 'n gesellige boma, Agama Tented Camp sal jou sintuie oordonder en belowe 'n absoluut onvergeetlike ervaring.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 14 resensies vir Agama Tented Camp
Netheid
4.6/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Drooggekraal Plaas, Garies, 8220, Noord-Kaap
  • Gaste dink Agama Tented Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R2 800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Drooggekraal Plaas, Garies, 8220, Noord-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhlNjc5NjhiLWNmMzQtNDkxMi05ZDFlLWE2YWRlYWM0Mzg5OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 800  per nag (vir 2 persone) 14 5 1 5 Drooggekraal Farm Garies 8220 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 11:00 -30.430885936857 17.883194088936
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za