Agathos Bed & Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 25 % af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 31 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Agathos Bed & Breakfast is in die Paarl geleë en het 'n huislike atmosfeer en omgewing en tuisgemaakte maaltye. Die prentjiemooi Paarl is 'n onverwagse juweel net 40 minute se ry buite Kaapstad.

Daar is 1 kothuis buite die huis met 'n en suite-badkamer en die 4 kamers is in die hoofhuis en het en suite-badkamers. Elke kamer by die B&B het lugversorging en WiFi-toegang. Daar is ook 'n TV met satelliet-kanale en 'n yskassie en 'n sitarea binne en buite vir gaste waar jy kan ontspan en 'n swembad. Gratis, privaat parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die naaste lughawe is Kaapstad Internasionale Lughawe 44 km weg. Die Paarl bied 'n verskeidenheid besienswaardighede van museums en galerye tot winkels wat handgemaakte produkte deur plaaslike kunstenaars verkoop. Paarl Vintners nooi jou uit om die diversiteit van ons bekroonde wyne en pragtige wynvallei te kom ontdek. Nederburg Wines is 2,9 km van Agathos af terwyl K.W.V se kelders 3,1 km weg is. Paarl het 'n goeie sportinfrastruktuur. Die Paarl bied net die beste, of jy nou deelneem of net 'n toeskouer is. Die Paarl se kookkuns varieer van tradisioneel tot smullekker internasionale geregte en spog met restaurante met pragtige liggings.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Agathos Bed & Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R790 R593 per nag (plek vir 2)

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 31 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]