Aha Alpine Heath Resort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ontspan in die gerief van die eksklusiewe aha Alpine Heath Resort in die middel van die prentjiemooi noordelike Drakensberge en gerieflik geleë tussen Durban en Johannesburg.

Hierdie oord is 'n unieke basisdorp vir 'n aantal vakansie-doelwitte en dit bied uitstekende akkommodasie, heerlike kookkuns en uitstekende konferensie- en troufasiliteite. Sport-entoesiaste kan menigte aktiwiteite geniet wat strek van perdry en visvang tot adrenaliensportsoorte insluitende vierwielmotorfietsry, verfbal en boomtoptoere wat jou bloed 'n bietjie vinniger sal laat pomp. Daar is ook 'n fantastiese verskeidenheid vermaak vir die kinders en ook 'n daaglikse aktiwiteitprogram vir volwassenes.

Baie natuurwonders en Wêrelderfenis-gebiede is maklik bereikbaar vanaf aha Alpine Heath Resort. Dit sluit Die Royal Nasionale Park, die historiese Spioenkop-oorlogsvelde, prentjiemooi Tugelavalle en Falcon Ridge in.

Buiten die uitstekende Spa, bied aha Alpine Heath Resort 'n aantal wonderlike opsies by verskeie eetplekke op die perseel. Gaste kan die happies by ons koffiewinkel, kroeg met 'n pooltafel, Pizzerea en Tavern geniet.
Anders kan gaste self maaltye voorberei met heerlike produkte van die plaaslike dorp.

Die oord het 100 luukse, volledig toegeruste chalets met panoramiese uitsigte oor die berg vanuit die gerieflike sitkamers, 'n kaggel vir romantiese wintersaande, 'n kombuis, patio, satelliet-TV en 3 snoesige slaapkamers. aha Alpine Heath Resort is werklik 'n topblyplek in die Drakensberge en dís wat hierdie unieke dorp regdeur die jaar so gewild maak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aha Alpine Heath Resort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 470 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false