Ahoy Farmhouse 1

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 20 Mei 2019 tot 13 Jun 2019.

Beskrywing

Ahoy Farmhouse 1 is in die sonderlinge vissersdorpie, Paternoster, aan die Weskus geleë. Hierdie plaashuis is op 'n groot, stil eiendom in die middedorp en naby restaurante, winkels en kunsgalerye. Daar is ook 3 ander eenhede op die perseel.

Dié ou plaashuis bied slaapplek vir 8 gaste in 4 slaapkamers en daar is 4 badkamers. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het dubbelbeddens en en suite-badkamers met storte. Die derde kamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Hierdie kamer het 'n aparte ingang van die veranda af. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n aparte badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, breekware en eetgerei. Die oopplan-leefarea bied 'n eetkamertafel, gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Buite is daar 'n ingeboude braai-area onder die bome. Die ou opgaardam is in 'n gemeenskaplike swembad omskep en is slegs beskikbaar vir gebruik deur gaste wat in die 4 huise op die perseel bly.

Paternoster is ’n gewilde toeristebestemming vir diegene wat hou van die Mediterreense atmosfeer, wat gekenmerk word aan hemelsblou waters, witgekalkte kothuise, tradisionele vissermans-argitektuur en witsand-strande wat eindeloos strek.

Slaapplek

'n Bespreking by Ahoy Farmhouse 1 sluit in:

4 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ahoy Farmhouse 1 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 500 R2 975 per nag (vir 8 mense)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 20 Mei 2019 tot 13 Jun 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za