Al Verde

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Al Verde bied gerieflike selfsorgverblyf in die prentjiemooi hawedorpie, Gordonsbaai. Dié dorp spog met pragtige strande, 'n Mediterreense klimaat en is ideaal vir 'n vakansie by die see.

Die oopplan-ateljeewoonstel het slaapplek vir 2 gaste en is op die eienaar se eiendom geleë. Die eenheid het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne, handdoeke en lugversorging word voorsien.

Die kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en mikrogolfoond, en die ander geriewe sluit 'n TV met DStv en 'n ketelbraai in. Parkeerplek is beskikbaar.

Gordonsbaai spog met asemrowende strande waar gaste kan swem en ander watersport beoefen, en restaurante en winkelsentrums kan besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Al Verde sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Al Verde gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R595 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za