Paternoster Akkommodasie by A'la Mossel | LekkeSlaap
+13
+13

A'la Mossel

  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mosselbankstraat 95, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

A'la Mossel in Paternoster bied 2 eenhede op dieselfde perseel en is die ideale opsie vir 'n gesin van 6 of vir 2 paartjies wat saam reis. Verblyf bestaan uit 'n kothuis op die grondvloer en een op die boonste vloer, elkeen met hul eie ingang.

A'la Mossel 1, die kothuis op die grondvloer, beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 badkamers, 1 met 'n stort en die ander met 'n bad. Die volledig toegeruste kombuis beskik oor 'n oond, stoof, mikrogolfoond en die nodige toebehore vir selfsorg. 'n Kaggel is beskikbaar in die kothuis en buite is daar 'n braai-area waar gaste 'n vleisie oor die kole en die lieflike uitsig kan geniet. Ander geriewe sluit 'n LED TV met volledige DStv en 'n DVD-speler in. Kinders is welkom in dié eenheid.

A'la Mossel 2, die kothuis op die boonste vloer, is 'n oopplan-eenheid met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuisie is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n Snappy Chef-stoofplaat, mikrogolfoond, braaipan en 'n yskas-vrieskas. Let asseblief daarop dat die eenheid nie 'n oond het nie. Ander geriewe sluit 'n LED TV met volledige DStv en 'n draagbare braai in. Gaste kan pragtige uitsigte van die balkon af geniet. Kinders word nie in hierdie eenheid toegelaat nie.

Albei eenhede het parkeerplek van die straat af en dis net 'n kort entjie se stap strand toe van A'la Mossel af. WiFi is ongelukkig nie beskikbaar by die huis nie, maar gaste kan gebruik maak van die WiFi by die kantore van Stay in Paternoster. Ongelukkig laat ons nie troeteldiere toe nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 38 resensies vir A'la Mossel
Netheid
4.6/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Mosselbankstraat 95, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink A'la Mossel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mosselbankstraat 95, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgyYmEzMmMwLTdjOTctNGRmZi1hMjc0LWMzNmM0NmVlYjNmZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (plek vir 2) 38 5 1 5 95 Mosselbank Street Paternoster 7381 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-16:00 10:00 -32.808274166958 17.895144671202
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za