Seaforth Akkommodasie by Albatross Guest House | LekkeSlaap
+76

Albatross Guest House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Victory-weg 37, Simonskloof, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Albatross Guest House is bokant die unieke, historiese, vlootdorpie Simonstad geleë. Dié gastehuis bied gerieflike verblyf en asemrowende, onbelemmerde uitsigte oor Valsbaai en die berge in die verte.

Albatross Guest House het 2 ruim, goed ingerigte selfsorgwoonstelle en 1 "deluxe" dubbelkamer. Elke woonstel bestaan uit 2 slaapkamers met en suite-badkamers, 'n aparte sitkamer met 'n kombuisie en 'n privaat balkon. Altwee eenhede het WiFi-toegang en parkeerplek van die straat af onder sekuriteitsligte.

Hierdie gastehuis se ligging is ideaal vir besoekers wat wil ontspan na 'n besige dag met 'n skemerkelkie in die hand en lieflike uitsigte oor die seiljagklub en die vlootbasis.

Doendinge in die omgewing: skubaduik, gholf en stap. Besienswaardighede: pikkewynkolonie (sowat 3 km van die gastehuis af), Kaappunt (sowat 15 km), bootvaarte na Robeiland of Kaappunt, duikboot-toere, haaihokduik en begeleide kajakvaarte.

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 13 resensies vir Albatross Guest House
Netheid
4.5/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Victory-weg 37, Simonskloof, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Albatross Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 100
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Victory-weg 37, Simonskloof, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7rfeY7DUBrTEJ6RHZepARLYvJ2ppJYZWhlxFkM6mrSlpkBjnYM?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (vir 2 persone) 13 5 1 5 37 Victory Way Simons Kloof 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.19569 18.4285
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za