Albatross House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Albatross House is in De Kelders en bied gehalteverblyf aan ‘n gesin of groep. Dis naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en trekpleisters.

Dié huis beskik oor 3 kamers en het slaapplek vir 6. Die hoofslaapkamer het ‘n koninggrootte-bed en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak. Die tweede kamer het ook ‘n koninggrootte-bed en die derde kamer het ‘n dubbelbed. Die tweede badkamer het ‘n bad, toilet en wasbak. Die koninggrootte-beddens kan op versoek in 2 enkelbeddens omskep word.

Die kombuis is toegerus met ‘n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die sitarea het gemaklike rusbanke en ‘n TV met DStv. Die eetarea het oorgenoeg sitplek en gratis WiFi is beskikbaar.

Daar is binne- en buite-braaigeriewe.

Die huis word daagliks skoongemaak en dis by die tarief ingesluit.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Gaste het toegang tot die gemeenskaplike tuin met ‘n swembad, ontspan-area en die Roundhouse Jacuzzi. Ontbyt is teen ‘n ekstra koste beskikbaar. Die huis is naby ‘n plaaslike bakkery, Stanford se Cove-strand, verskeie voetslaanroetes, restaurante en bootvaarte wat walviskyk en haaihokduik insluit.

Slaapplek

'n Bespreking by Albatross House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Albatross House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false