Westdene Akkommodasie by Albion B&B | LekkeSlaap
+15
+15

Albion B&B

35 resensies
Gastehuis
  • Vanaf R675 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Crisp-singel 8, Westdene, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Albion B&B is in Westdene geleë, een van die mooiste voorstede in Bloemfontein. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike slaapplek na aan die stadskern en verskeie doendinge.

Daar is 3 eenhede, waarvan 2 as selfsorg-eenhede verhuur kan word. Dit 2 eenhede het privaat ingange en het 1 of 2 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed of 2 enkelbeddens met 'n badkamer met 'n bad of stort, wasbak en toilet. Die kombuisie het geriewe soos 'n yskas, mikrogolfoond, breekware en eetgerei. Die eetkamer en sitkamer het 'n oopplan-uitleg.

Die gesin-suite het 2 skakelslaapkamers wat ook apart bespreek kan word. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens. Dié 2 kamers deel 'n badkamer met 'n bad en aparte toilet. Daar is WiFi, lugversorging, 'n TV met plaaslike kanale, 'n haardroër en koffie- en teemaakgeriewe in die kamers.

Ons bedien 'n heerlike Engelse of Kontinentale ontbyt in die eetkamer asook heerlike varsgebakte muffins en croissants. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir motors. Net 'n klein entjie se ry van ons af is daar museums, historiese geboue, die rugbystadion en Mediclinic.

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 35 resensies vir Albion B&B
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Crisp-singel 8, Westdene, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Albion B&B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R675
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R675
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R675
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Crisp-singel 8, Westdene, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFmZGQ2YWIwLWM2YjYtNDc2Yi04YmFkLTVmN2U5MDc0NzQ0Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R675  per nag (vir 2 persone) 35 5 1 5 8 Crisp Crescent Westdene 9301 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.101019555351 26.20526671406
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za