Alista

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Alista bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in 'n tweeslaapkamerwoonstel reg op die strand wat sydelings uitsigte oor die see bied. Dis in Point Village in Mosselbaai geleë en dis sommer lekker naby aan restaurante en strande.

Die woonstel bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -leefarea en 'n balkon buite. Die eerste slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort. Die leefarea het 'n TV met DStv en die kombuis is toegerus met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond en stoof, broodrooster, wasmasjien, tuimeldroër en 'n eetarea. Die balkon bied gemaklike sitplek op buitemeubels en die woonstel beskik oor ingeboude braaigeriewe. Daar is 'n pendeldiens na en vanaf George-lughawe beskikbaar.

Die dorpie Mosselbaai is halfpad tussen Kaapstad en Port Elizabeth geleë en dis in die hartjie van die Tuinroete. Dus is dit 'n ideale oornagplek vir reisigers tussen die Wes- en die Oos-Kaap. Mosselbaai is 'n welbekende toeristebestemming en dis veral bekend vir sy poskantoor in die vorm van 'n skoen, die Tuinroete Casino en 60 km se spierwit strande. Besienswaardighede sluit in die Kaap St Blaize-vuurtoring, die Mosselbaai-gholfklub, Ochre Barn, Ther Old Joinery, die oorlogsgedenkteken, Zorgfontein-wildsplaas en Botlierskop Privaat Wildreservaat. Verder is daar 'n hele rits doendinge in Mosselbaai vir die adrenalienvrate, insluitend haaihokduik, skeepswrak-duik, motorbootritte, township-toere, reksprong en vryval.

Slaapplek

'n Bespreking by Alista sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Alista gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 550 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za