Alkamia B&B and Self Catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Alkamia B&B is in die stil buurt Drakensview in Estcourt en is heerlik verwyder van die stad se gewoel. Ons is 10 km se ry vanaf die N3 en dus 'n gerieflike oorslaapplek tussen Johannesburg en Durban. Die eienaar woon op die perseel en gaste ontvang dus vriendelike diens en persoonlike aandag.

Elke lossstaande eenheid het sy eie ingang, 'n kamer met 2 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak en 'n kombuisie wat vir selfsorg toegerus is. Die kamer het 'n lessenaar, TV met sekere DStv-kanale, yskassie, mikrogolf, ketel, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Verder beskik die perseel oor braaigeriewe en veilige parkeerplek.

Jy kan by ons 'n heerlike tradisionele Engelse of Kontinentale ontbyt geniet.

Alkamia is 'n ideale basis vanwaar verskeie besienswaardighede besoek kan word, soos die Drakensberge, Giants Castle, Midlands Kronkeling, Anglo-Boereoorlog slagvelde en Weenen Wildreservaat. Ons is ook naby Spar, Wimpy, OTM en die middedorp.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Alkamia B&B And Self Catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false