All Grace
Beskrywing
All Grace is 'n skoon, netjiese tweeslaapkamer-selfsorgwoonstel. Dit is gerieflik ingerig vir 'n klein groep of gesin. Dit is in n stil woonbuurt, Avondale, geleë en baie sentraal: 6 km vanaf Panorama Mediclinic, 6 km vanaf Tygervallei Winkelsentrum, 1,5 km vanaf die N1, 1,5 km vanaf Louis Leipoldt Hospitaal en stapafstand vanaf Karl Bremer Hospitaal. Kaapstad is ongeveer 23 km vanaf All Grace en 22 km vanaf Bloubergstrand. Verskeie ander winkelsentrums, V&A Waterfront en Tafelberg is nie ver van die woonstel af nie.
Die woonstel is aan die agterkant van die hoofhuis geleë en dit het 2 slaapkamers en 'n privaat ingang. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkeldagbed. Die tweede slaapkamer het 'n driekwartbed. Die 2 kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort en 2 toilette. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas, elektriese ketel en broodrooster. 'n Strykplank en strykyster is ook in die woonstel beskikbaar. 'n Skinkbord met tee, koffie, suiker, kitsmelk en beskuit is in die kombuis vir die gaste om te geniet. Die eenheid het nie DStv nie, maar wel Openview HD met verskeie ekstra TV-kanale. WiFi is ook beskikbaar.
Vir die gaste se gerief is daar buitebraaigeriewe. Die woonstel het veilige toesluitparkeerplek vir een voertuig,
agter n elektroniese hek, maar ongelukkig nie staanplek vir n sleepwa nie. Troeteldiere word nie toegelaat nie en rook is binnenshuis verbode. Ons geriewe is ongelukkig nie rolstoelvriendelik nie.
Daar is diefwering voor alle vensters en 'n veiligheidshek voor die buitedeur.
Slaapplek
'n Bespreking by All Grace sluit in:
1 x Dubbelbed
1 x Enkelslaapbank
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Badkamer
- En-suite
- Aparte Toilet
- Stort
- Seep
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Kamergeriewe
- Waaier
- Klein Kombuis
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Vermaak
- Boeke en Tydskrifte
- TV
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na All Grace gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |