Manaba Akkommodasie by Allesreg B1 | LekkeSlaap
+14

Allesreg B1

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Queen Elizabeth-straat, Manaba Beach, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Allesreg B1 is ’n selfsorgwoonstel in ’n veilige kompleks in Manaba Beach. Die kompleks is naby die Lucien-blouvlagstrand.

Die woonstel bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders. Die eenheid het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en en suite-badkamer met ’n stort. Die tweede kamer het ’n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Dié twee kamers deel die tweede badkamer wat ook ’n stort, wasbak en toilet het.

Neem asb. kennis dat partytjies, geraas, harde musiek en ekstra gaste nie toegelaat word nie.

Die kombuis is goed toegerus met ’n yskas, oond, stoof, mikrogolf en wasmasjien. Die leefarea het ’n TV met ’n DStv-koppelpunt so gaste kan hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Explora-dekodeerders werk ongelukkig nie hier nie. Die sitarea lei na die stoep wat ’n ingeboude braai het.

Daar is onderdakparkeerplek vir 1 voertuig. Die kompleks is naby restaurante, ’n Spar-supermark en slegs ’n rit ver vanaf die besienswaardighede in die Margate-area.

Slaapplek

’n Bespreking by Allesreg B1 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Queen Elizabeth-straat, Manaba Beach, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (plek vir 6)
Vanaf R900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Queen Elizabeth-straat, Manaba Beach, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAQuLcIo8wu0HlclZQxHiCzOc0VX2vPHLIHBEPgRBYua0zrFK8tB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (plek vir 6) Queen Elizabeth Street Manaba Beach 4276 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-16:00 09:00 -30.851546397987 30.385036365082
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za