Alpaca Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 10 % af

Kry 10% af. Geldig vanaf 8 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Alpaca Cottage is ’n bekoorlike selfsorgkothuis in Alpaca Pines, ’n perseel in die hartjie van Kleinmond. Die addisionele besienswaardigheid is die mak Alpacas wat vrylik op die perseel rondbeweeg. Dit dra by die natuurlike en rustieke atmosfeer slegs ’n klipgooi weg van die voetslaanpaaie en die see.

Die kothuis bied slaapplek aan 3 gaste en het 2 slaapkamers, 1 badkamer, ’n kombuis en oopplan-sitarea en -eetarea. Die hoofslaapkamer het ’n driekwartbed. Die badkamer het ’n stort, toilet en wasbak en daar is ook ’n addisionele toilet.

Die kompakte kombuis is goed toegerus met ’n yskas-vrieskas, tweeplaatstofie, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, toebroodjiemaker, eetgerei, breekware en kookgerei. Die oopplan-sitarea en -eetarea het ’n TV met Openview-kanale.

Ontspan op die stoep met die lieflike braai-area, of op die patio onder die bome wat meubels het. Die erf is omhein en daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by Alpaca Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 kind
1 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Alpaca Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R540 per nag (plek vir 3)

Kry 10% af. Geldig vanaf 8 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false