Alpine Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Alpine Inn is 'n gastehuis met 'n 3-ster-gradering, oorkant die gesogte Fancourt Gholflandgoed in George. Dit is net 6 km vanaf die George Lughawe op die gewilde Tuinroete met sy verskeie besienswaardighede en pragtige natuurskoon. Die gastehuis is binne 5 km van die volgende geriewe: gholfbane, perdritte, aarbeiplase, mini-treinritte, 'n putt-putt-baan en gruispaaie waar gaste welkom is om te ry of draf. Heroldsbaai se strand is net 12 km ver.

Ons bied sakpasverblyf met 'n verskeidenheid kamers (van dubbelkamers tot familie-suites). Al die eenhede het gemaklike meubels en pragtige versierings en privaat badkamers waarvan die meeste storte het. Die eenhede is toegerus met 'n TV, 'n DStv-gastepakket, waaier, yskas en koffie- en teemaakgeriewe. Die selfsorg-eenhede het volledige kombuisies. Al die eenhede het buite-ingange met omheinde parkeerplek op die perseel naby die kamer vir 1 voertuig.

Ons bied verskillende verblyf-opsies, insluitend losstaande dubbelkamers om die swembad, superieure dubbelkamers, tweeslaapkamer-selfsorgeenhede, 'n "executive" tweeslaapkamer-suite en 'n gesinshuis met 3 slaapkamers.

Geriewe sluit 'n swembade en ontbytlokaal in. 'n Volledige Engelse ontbyt is as 'n opsionele ekstra beskikbaar. Middag- en aandete is slegs op versoek van Maandag tot Donderdag buite-seisoen beskikbaar.

Ontbyt, middagete en aandete is opsioneel en word in 'n eetkamer bedien wat lei na die tuin en fonteintjie. Ons trots is ons warm, persoonlike gasvryheid.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Alpine Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R880 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za