Alte Kalköfen Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Alte Kalköfen Lodge is tussen die Namibiese dorpies Keetmanshoop en Lüderitz en bied gemaklike verblyf in 'n opgeknapte ou plaashuis in 'n pragtige Namibiese woestuinagtige tuin. Dié lieflike lodge bied ongekunstelde sjarme om elke hoek en draai, asook 'n skemerkelkie- en leeshoekie. Die tweeweeklikse trein wat verby ry is 'n herinnering van die historiese handelsroetes.

Die verblyf by die lodge het 'n uitsig oor die Gurib-rivierbedding en die eindelose woestyn. Daar is slaapplek in 11 kamers wat B&B- en selfsorgverblyf bied. Elke kamer is smaakvol versier en het elk 'n en suite-badkamer, asook binne- en buitestorte. Elke kamer het ook 'n privaat stoep en daar is 'n uitsig oor die watergat wat teen skemer gemsbokke en springbokke lok.

Die lodge bied ook 3 aparte kampterreine wat naby die hooflodge se geriewe is. Elke kampterrein bied verblyf aan 6 gaste. Die restaurant, swembad en welbekende Cole Lithoparium woestynplantversameling is ook beskikbaar vir die kampeerders. Elke kampterrein het eie ablusiegeriewe wat deur sonkrag aangevoer word en het 'n stort, wasbak, toilet en buiterakke vir skottelgoed. Daar is geen elektrisiteit by die kampterrein nie. Warm water is beskikbaar en word deur 'n donkie verhit. Ontbyt en aandete is op versoek beskikbaar en aandete moet ten minste een dag voor die tyd bespreek word.

Die lodge bied slaapplek vir 24 gaste en is ideaal vir troues en funksies. Wittebroodpaartjies kan die rustigheid en romanse van die skilderagtige omgewing geniet. Die lodge is goed geleë om die Suid Namibiese besienswaardighede en is die ideale poort vir reisigers wat na Sossusvlei of Kgalagadi Park reis.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Alte Kalköfen Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R460 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za