Alveston Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Welkom by die statigste huis, Alveston Manor, wat in die prentjiemooi dorpie, Middelburg, geleë is. Met só 'n tradisionele naam is dit duidelik dat ons instansie spreek van 'n elegante era en Engelse tradisies. Ons bied pragtige, ruim kamers vol klas en karakter. Alveston is vernoem na die Tudor Herehuis wat in Stratford Upon Avon in Engeland geleë is waar die eienaars vir jare gewoon het. Dis William Shakespeare se tuisdorp en die dorpie se bekoring het hierdie paartjie geïnspireer om hul gastehuis hier in Suid-Afrika met 'n verskeidenheid ingevoerde Engelse meubels en skilderye te versier.

Die Alveston Manor House bied 'n verskeidenheid dubbel-, 2-enkelbed- en gesinskamers, sowel as 'n Executive-kamers. Elke kamer is goed ingerig en bied vele dienste. Ons het ook 'n groot konferensiekamer met genoeg sitplek vir 70 afgevaardigdes. Ons tradisionele Manor-restaurant kan spyseniering vir tot 65 mense bied. Daar is oorgenoeg veilige parkering. Alveston Manor bied werklik alles wat jy nodig het vir sake, plesier en 'n luukse oornagplek.

Ons is halfpad tussen Johannesburg en Nelspruit geleë op die Maputo Corridor. Dis die ideale ligging vir 'n oornagplek op pad na die Laeveld of Mpumalanga. Dit is ook gerieflik naby aan die Middelburg Mall en die N4-hoofweg. Vir die sakereisigers se gerief is ons naby aan al die hoof-industrieë, myne en kragstasies in die area ... tog is ons in 'n rustige, pragtige woonbuurt geleë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Jacuzzi
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Alveston Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 130 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]