Amalfi Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Amalfi Place bied selfsorgverblyf in Garsfontein, Pretoria. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby verskeie doendinge en besienswaardighede.

Amalfi Place bestaan uit 2 eenhede wat elkeen 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet het. Elke eenheid het sy eie kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie en 'n mikrogolfoond. In elke eenheid is daar ook 'n TV met volledige DStv en tee- en koffiemaakgeriewe.

As jy die aand nie lus is vir kook nie, is daar 'n lapa-area met braaigeriewe wat beskikbaar is aan al die gaste. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Amalfi Place is 40 minute van die O.R. Tambo Internasionale Lughawe af en bied daguitstappies na omliggende areas. 'n Kort entjie se ry verder is verskeie winkelsentrums, 'n gimnasium, restaurante en geleenthede vir gholfspeel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Amalfi Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R690 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za