Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Amazing Grace B&B

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vyferstraat 80, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Amazing Grace B&B bied gerieflike verblyf in De Kelders en is stapafstand vanaf staproetes en strande.

Dié B&B het 2 eenhede wat elkeen sy eie ingang het naamlik ’n familie eenheid (Whale kamer) en 'n luukse kamer (Dolphin kamer), elk met ’n en suite-badkamer.

Die Whale Kamer is 'n gesinseenheid met 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n sitkamer en ’n kombuisie. Hier kan 4 volwassenes tuisgaan of 'n gesin van 4. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, plafonwaaier, elektriese kombers en 'n ruim en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, plafonwaaier, elektriese kombers en 'n en-suite badkamer met stort en toilet. Beide kamers het hul eie uitgang na die privaat stoep wat 'n lieflike uitsig oor Walkerbaai en die Walkerbaai Natuurreservaat het.

Die oopplan-leefarea tussen die twee kamers het 'n kombuisie met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasplaat, broodrooster en ketel. Basiese eetgerei word voorsien. Komplimentêre melk, koffie, tee en tuisgemaakte beskuit word voorsien. Die sitkamer het 'n lessenaar, platskerm-TV met DStv en gratis WiFi. Veilige parkeerplek is in 'n toesluit motorhuis met direkte toegang tot die eenheid is beskikbaar. Gaste het toegang tot die boonste stoep met sy pragtige uitsig. Indien die weer dit toelaat word ontbyt op die boonste stoep bedien. Gaste kan die braaigeriewe op die eenheid se stoep, asook op die boonste stoep benut.

Die Dolphin Kamer is 'n ruim, luukse kamer op die grondverdieping. Die kamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word indien verkies en 'n oop en suite-badkamer met 'n stort. Die toilet is privaat. Die ruim kamer het 'n gerieflike sithoekie met 'n uitsig oor die tuin. Die stel trappe naby die kamer lei na 'n stoep met asemrowende uitsigte oor Walkerbaai. Daar is 'n platskerm-TV met DStv en Netflix, gratis WiFi, asook koffie- en teemaakgeriewe en 'n mikrogolfoond. Veilige parkeerplek onder 'n afdak is reg voor die kamer beskikbaar.

Beide kamers het noodlampe en gasgeriewe asook volhoubare internet gedurende kragonderbrekings.

De Kelders is bekend vir sy rustigheid en pragtige natuurskoon. Amazing Grace word omring deur bome en struike wat 'n oordaad van tuinvoëls lok, en ook sorg vir privaatheid en rustigheid. Boonop is ons net 'n entjie se ry vanaf Gansbaai met sy verskeidenheid doendinge en besienswaardighede soos staproetes, Danger Point-vuurtoring, African Penquin and Seabird Sanctuary, walviskyk en haaihokduik. Gedurende walvisseisoen kan jy die Suidelike noordkapper-walvis van die stoep af dophou en selfs hoor hoe hulle kommunikeer.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 22 resensies vir Amazing Grace B&B
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 86

Jaar gelys 7

Ligging

  • Vyferstraat 80, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Amazing Grace B&B het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vyferstraat 80, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZkZjA2ODg0LWFmNTctNGYwOS1iODE4LTMyODM0M2Y2Zjc3ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 22 5 1 5 80 Vyfer Street De Kelders 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.553314 19.368454
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem