Amber Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Amber Guest Lodge is toegewikkel in die voue van die oostelike deel van die Knysna Koppe wat bedek is met inheemse fynbos. Aangesien die lodge effens verhewe is, bied die patio uitstekende uitsigte oor die strandmeer en die Outeniekwaberge in die verte aan die westekant. Dit is die ideale plekkie om die verskillende skakerings vurige rooi en oranje van die Afrika-sonsondergang gade te slaan.

Die B&B-verblyf sluit 'n smullekker, volledige Engelse ontbyt in. Dit word bedien in die eetkamer of op die swembad-patio. Die suites is ruim en smaakvol versier en sal jou rustig stem.

Amber Guest Lodge se uitmuntende en ruim suites is versier in 'n klassieke, moderne styl wat gekomplementeer word deur hul ligte en lugtige gevoel. Die suites het elk 'n TV, DVD-speler, yskas, mikrogolfoond, verwarmer en tee- en koffiemaakgeriewe. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Elke suite het of 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en die beddens word oorgetrek met net die beste gehalte katoen vir jou gerief.

Etlike minute van ons af is wat gereken kan word as een van die beste gholfbane in die wêreld: Pezula. Die Knysna Gholfklub is net 'n kort motorrit ver in die ander rigting en Simola is ook nabygeleë.

Natuurliefhebbers en buitelug-entoesiaste sal hul paradys by ons vind en diegene wat aanhangers is van uitmuntende kookkuns wat op kreatiewe maniere uitgebeeld word sal die vele topklas restaurante van Knysna en die Tuinroete verwelkom. Daar is ook kunsgalerye en kunsvlytwinkeltjies wat enigeen sal bekoor.

Amber Guest Lodge sal graag hulp en raad bied rakende die beste opsies vir boektoere, doendinge en vermaak. Ons verwelkom alle kinders.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Amber Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false