Amber Lagoon Backpackers Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Amber Lagoon is 'n rugsakreisiger se droom in die hartjie van die Klein-Karoo langs die Swartberge en die Gamka Natuurreservaat (naby aan Roete 62, tussen Oudtshoorn en Calitzdorp). Dit is omring deur volstruisplase en is 'n groen-oase met inheemse en uitheemse plante, bome en voëls. Rugsakreisigers kan hier ontspan en die ware skoonheid van Suid-Afrikaanse natuur bewonder.

Ons bied ongekunstelde, buitelug-akkommodasie ? iets heeltemal anders. Slaap in 'n selfsorgkothuis van riete of steen of in 'n skaduryke kampeerterrein op 'n koppie met die mooiste uitsigte op die berge en vallei. Koel af in die groot swembad, smul aan tuisgemaakte maaltye, slaap onder die sterre en kom kyk self hoekom dié omgewing so spesiaal is.

Dit is byna onmoontlik om al die opwindende doendinge op die perseel en in die omgewing te lys. Gaste word aangemoedig om volstruistoere, warmlugballonritte en die Meerkat Adventure-toere te probeer. Anders kan jy die Swartbergpas, die Gamkaskloofvallei, Kangogrotte of die Gamka Natuurreservaat verken.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Amber Lagoon Backpackers Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false