Ambleside Lodge
- Kapasiteit: 16 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Drakensberg Gardens-weg, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Ambleside Lodge is 'n lieflike bergoord aan die voet van die Suidelike Drakensberg omring deur skaduryke bome en kabbelende stroompies. Dié lodge is 3 uur se ry vanaf Durban en het 'n verhewe ligging op 'n 10 ha-landgoed wat 'n uitsig op Rhino Peak en die Garden Castle-berge bied.
Daar is 'n selfsorg-lodge en 'n grasdakkothuis. Die lodge het slaapplek vir 8 en beskik oor 3 en suite-kamers en 'n kleiner vierde kamer. Die grasdakkothuis het slaapplek vir 8 en beskik oor 3 kamers. Daar is ook 'n tuinkothuis met 'n koningingrootte-bed wat saam met die grasdakkothuis bespreek kan word. Braaigeriewe en veilige parkeerplek is beskikbaar.
Daar is verskeie voetslaanpaaie, bergpoele en grotte in die omgewing. Doendinge sluit perdry, forelvang, voëlkyk, bergfietsry, kunsvlieghengel, swem, fietsry en tennis in. Die rustige oord is ideaal vir die hele gesin en gaste kan langs die dam ontspan, lees, voetslaan of wyn voor die vuur geniet. Underberg is 35 minute se ry en bied koffie- en geskenkwinkels.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Ligging
- Drakensberg Gardens-weg, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 16 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Drakensberg Gardens-weg, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom