Ametis Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ametis Guest House bied elegante verblyf met Toskaanse argitektuur in Witbank, net 90 vanaf Gauteng. Dié blyplek is lekker naby 'n winkelkompleks en net 5 km van 'n winkelsentrum af.

Ons het 8 pragtige kamers met lugversorging. Twee van die kamers het 'n uitsig op die swembad, twee van die kamers kyk uit oor die tuin, 2 is aan die binnekant, en die laaste twee kamers kyk uit op die terras. Laasgenoemde kamers kan as 'n gesinseenheid bespreek word. Elke kamer het slaapplek vir 2 volwassenes en ontbyt en komplimentêre koffie- en teemaakgeriewe is ingesluit. Verder het elke kamer 'n yskassie, 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi, 'n kluis, en 'n sekuriteitskyfie vir toegang.

Ametis Guest House se konferensielokaal het sitplek vir 30 afgevaardigdes en 'n swembad en veilige parkeerplek is beskikbaar.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ametis Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R795 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false