Amicus

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nature’s Valley is 'n omgewing van uitmuntende natuurlike skoonheid.

Amicus is in Nature's Valley, 'n kusdorpie, op die bekende Kaapse Tuinroete geleë en word begrens deur die Tsitsikamma Nasionale Park. Die kombinasie van see, strandmeer, berge, woud en fynbos verleen ‘n besondere bekoring aan dié rustige vakansiedorpie.

Dis die ideale blyplek om die omgewing te verken, wat talle besienswaardighede en opwindende aktiwiteite bied. Of jy kan net ontspan en die son en see geniet. Ons verblyf is in 2 aparte woon-eenhede, op 1 erf, 300 meter van die strand en 5 minute se stap van die strandmeer af.

Die eenhede is volledig gemeubileer en toegerus vir 'n gesinsvakansie op 'n selfsorgbasis. Dit bestaan uit 'n drieslaapkamerhuis/ tweeslaapkamerkothuis en woonstel wat 4 gaste kan huisves.

Minimumverblyf van: 3 nagte buite seisoen, 10 nagte binne seisoen en 5 nagte tydens Paasfees, skoolvakansie en buite seisoen Des/Jan skoolvakansie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Amicus gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R760 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false