Amies Self-Catering Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Amies Self-Catering Apartments is in ’n veilige kompleks in Panorama, Parow, Kaapstad geleë. Die gehaltewoonstelle bestaan uit 'n oopplan-leefarea en 'n goed toegeruste kombuis met 1 badkamer.

Die woonstelle het 1 tot 3 slaapkamers ten einde aan verskillende behoeftes van gaste te voorsien. Ons voorsien alle beddegoed en handdoeke kan teen 'n ekstra koste op versoek gehuur word.

Ons woonstelle is privaat, ruim en bied verskillende opsies vir gerieflike verblyf. Die moderne eenhede is uiters geskik vir kort of langer verblyftydperke en vir vakansiegangers, naweekwegbreke, sakereisigers en tydelike verblyf as gevolg van verplasing.

Die woonstelkompleks het 'n ontspanningsarea met 'n swembad, tennis- en muurbalbane, braaigeriewe, 'n klubhuis met 'n pooltafel. Daar is 'n motorafdak by elke woonstel.

Ons is enkele minute se ry vanaf Kaapstad se middestad, die Waterfront, strande, die wynlande, die belangrikste winkelsentrums, die Casino, gholfbane en die lughawe af.
Daar is uitstekende restaurante en winkelsentrums loopafstand van ons af. Pendeldienste na en vanaf die lughawe en motorhuur kan op versoek gereël word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Amies Self-Catering Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R970 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprek[email protected]

// Hotjar AB false