Ammazulu African Palace

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ammazulu African Palace verwelkom jou. Dit is geleë in Kloof, 'n idealistiese lodge wat die kulturele erfenis van KwaZulu-Natal vier en oor die Krantzkloof Natuurreservaat uitkyk.

Ammazulu bied 4 verskillende tipes kamers. Elke kamer is uniek en versier met tradisionele en antieke Afrika-krale en -kunsvlyt. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n groot bad, stort en graniet-wasbak. Die eerlikheidskroeg is propvol alkoholiese en nie-alkoholiese drankies en ons voorsien ook tuisgebakte koekies, tee en koffie in die kamers. Elke suite het sy eie veranda wat 'n uitstekende uitsig bied. WiFi is in elke kamer beskikbaar.

Die lodge is oorspronklik ontwerp deur, hoofsaaklik, Kevin MacGarry van Architects Collaborative. Hy is bygestaan deur die eienaar wat nou al die perseel besit en bestuur vir meer as 40 jaar. Besoekers word bederf met 'n regte unieke bestemming wat soveel bied om te verken, ervaar en te sien dat gaste amper oorweldig sal voel. Die lodge bied 'n asemrowende uitsig oor die kloof en 'n privaat Zoeloe-kunsversameling in elkeen van die 10 suites. Ammazulu Palace is 'n plek wat jou verbeelding sal vasvang en jou weer en weer sal laat terugkeer.

AmmaZulu is 'n unieke, luukse lodge op die rand van die Kloof Gorge en Krantzkloof Natuurreservaat. Dit is 'n asembenemende venue waar jy lekker kan ontspan en spesiale verblyf ervaar in 'n oordadig-versierde kasteel wat bestaan uit gange, sale en slaapkamers - elkeen tot barstens toe vol met kralewerk en Afrika-artefakte. Bederf jouself in ons stoomkamer of sauna, of ontspan net op een van die vele dekke wat uitkyk oor die pragtige, natuurlike omgewing met sebras wat etlike meters van jou af wei.

Die lodge is boonop slegs 20 minute se ry van Durban se middestad af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ammazulu African Palace gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 550 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]