Anat's Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Anat's Cottage is 'n selfsorg-ateljeewoonstel op die eienaar se perseel in die welvarende Oranjezicht-woonbuurt in Kaapstad wat hoog die hange van Tafelberg lê. Die meeste geboue in dié woonbuurt is in 'n oorspronklike Victoriaanse styl gebou.

Dié eenheid het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n dubbelbed, 'n badkamer en 'n knus oopplan-kombuisie en -leefarea. In die en suite-badkamer is daar 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die slaaparea het 'n platskerm-TV teen die muur wat teen verskillende hoeke gestel kan word en lugversorging.

Die kombuisie is goed toegerus vir selfsorg en sluit 'n enkelplaatstoof, yskassie, mikrogolfoond, koffiekapsulemasjien, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met 2 stoele. Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank met sitplek vir 2 en nog 2 stoele. Die eenheid bied toegang tot 'n lieflike patio-area met 2 patio-stoele en 'n tafel. Gaste kan 'n uitsig op Leeukop in die verte geniet.

Jou gasheer is 'n kliniese sielkundige wat in Kaapstad woon en werk. Haar privaat pratkyk is op die perseel in 'n aparte eenheid langs die kothuis. Gaste word versoek om asb. bedagsaam te wees teenoor haar kliënte, en stil en rustig te wees tydens werksure op weeksdae. Die gasheer is ook 'n diereliefhebber en daar is katte, honde, papegaaie en 'n vis. Dié diere word apart van die kothuis gehou, maar gaste kan soms 'n Siamese blou-oogkat raakloop.

Slaapplek

'n Bespreking by Anat's Cottage sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Frans

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensiegeriewe

  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Anat's Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false