Anchor Bay 3

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Anchor Bay 3 is 'n luukse selfsorgwoonstel in die veilige Anchor Bay-gebou in Gordonsbaai, minder as 100 m vanaf Gordonsbaai se hoofstrand. Die Anchor Bay-gebou is naby verskeie winkels, restaurante en 'n wassery.

Dié woonstel is ideaal vir 'n gesin met kinders en het slaapplek vir 5 gaste. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede kamer het 'n dubbelbed. Die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad, 'n toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n elektriese stoof, skottelgoedwasser, wasmasjien, mikrogolf, broodrooster, 'n toebroodjierooster, yskas-vrieskas, ketel en strykyster toegerus. Die sitkamer het 'n platskerm-TV met 'n DVD- en Rokumedia-speler wat Netflix kan stroom. WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na 'n beskutte sonkamer en balkon met 'n tafel, stoele en 'n dagbed.

Die Anchor Bay-gebou bied veilige kelderparkeerplek vir 'n voertuig, 'n gemeenskaplike gimnasium, -swembad en -braai-area.

Slaapplek

'n Bespreking by Anchor Bay 3 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Anchor Bay 3 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za