Anchors Away

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Anchors Away is 'n selfsorgwoonstel met 2 slaapkamers en 'n vrolike atmosfeer in Waves Edge, 'n 24 uur-bemande sekuriteitskompleks. Dis 'n eenverdieping-eenheid, en daar is 'n dubbelmotorhuis. Die stoep het 'n ingeboude braai.

Wandel tot by Big Bay-strand of Eden on the Bay se winkels wat enkele minute weg is. Big Bay is 'n gewilde strand vir swemmers en branderplankryers. Die strand het ook rotspoele en lang strande vir kinders. Lewensredders is van Desember tot einde Paasnaweek van 10:00 tot 18:00 aan diens. Strandhanddoeke, kampstoele, 'n strandtentjie en koelboks met vriesblokke word ook voorsien.

Daar is 'n oopplan-sitkamer, -eetkamer en -kombuis. Die sitkamer het 2 rusbanke, 'n platskerm-HD-TV, 'n DVD/CD-speler en 'n DStv-kabel. 'n Gesinspakket word by die tarief ingesluit. As jy die Premium-pakket verlang, bring asb. jou eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam.

Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word op versoek. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n gesinsbadkamer met 'n bad en 'n aparte stort.

Die kombuis het graniet-toonbanke, ketel, broodrooster, yskas-vrieskas, wasmasjien, tuimeldroër, mikrogolf, oond, eetgerei en breekware.

Daar is 'n swembad in die kompleks. Die woonstel word persoonlik deur die eienaar bestuur. Daar is 'n bababed te huur, op versoek. Skoonmaakdiens kan gereël word. WiFi-versender is op versoek beskikbaar.

Die tarief sluit die volgende geriewe in: Verwelkomingsmandjie met 'n bottel vrugtesap, koffie, tee, melk en koekies. Linne en handdoeke, strandhanddoeke, strandstoele, strandtentjie, kluis in hoofslaapkamer en 'n haardroër.

Bloubergstrand, ook lieflik, is ideaal vir draf, rolskaats, vlieërs en seilplankry, maar nie vir swem nie. Bloubergstrand is minder as 5 minute se ry weg!

Blaauberg Natuurreservaat is 'n kort motorrit weg en gedurende die lente is daar pragtige veldblomme. Moenie Darling se lenteblomme misloop nie - dit is net 'n uur se ry van hier af.

Waves Edge-kompleks is stapafstand na Big Bay- en Little Bay-strande en 'n goeie winkelsentrums (met onder andere 'n Pick 'n Pay, Clicks, Woolworths Food en Checkers) en die nuwe Table Bay Mall is 5 minute weg. Hierdie 2 sentrums het ook OTM-dienste en sal al jou basiese behoeftes bevredig. Bayside Centre het rolprentteaters, en is 'n busrit hiervandaan (op die blou en rooi busse van die stadsbusdiens). Die MyCiti busdiens loop vanaf Big Bay tot by Tableview/Kaapstad se middestad/ Kaapstad Internasionale Lughawe/Canal Walk.

Waves Edge is also naby die Blouberg Netcare Hospitaal.

Slaapplek

'n Bespreking by Anchors Away sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Anchors Away gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 115 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za