LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Andreas Guest House | LekkeSlaap
+12

Andreas Guest House

3 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Groenendal Plaas, Bovlei, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R1 900 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Andreas Guest House is op Andreas Wine Estate wat spog met 'n 4,5 hektaar wingerd. Dit is 'n elegante 18de eeuse huis met 'n lowerryke tuin. Dié pragtige Kaaps-Hollandse eiendom is in 1799 gebou en sy stil tuine lê in die asemrowende Bovleivallei buite Wellington. Heelwat van sy oorspronklike vertoonstukke is met sorg gerestoureer en die keurige dekor en meubels skep 'n unieke rusplek.

Andreas Guest House het 4 luukse en suite-slaapkamers en 3 ruim sitareas. Elke en suite-badkamer is onlangs oorgedoen en is toegerus met 'n vrystaande bad en 'n groot instapstort. Verder het elke kamer 'n platskerm-TV met DStv, koffie- en teemaakgeriewe, en WiFi.

Die swembad-area is ideaal vir gaste wat op soek is na lafenis in die reuse tuin wat luisterryk uitgelê is. Sluit gerus aan by 'n keldertoer en wynproesessie terwyl jy by ons tuisgaan.

Kinders van 12 jaar en ouer is welkom en sal tel as volwasse besprekings. Wanneer die eiendom eksklusief bespreek word, is kinders van alle ouderdomme welkom. kinderversorging kan teen 'n bykomende koste gereël word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Nagportier
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Wynproe
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 3 resensies vir Andreas Guest House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Groenendal Plaas, Bovlei, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Gaste dink Andreas Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Groenendal Plaas, Bovlei, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAARkJ6BGuHfrUo49xB99NJ4fYFvkXXMoF08QezbiIFtVpQHlDDFI?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 900  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 Groenendal Farm Bovlei 7655 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-23:00 11:00 -33.631908333333 19.042652777778
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!