Sutherland Akkommodasie by Andromeda Gastehuis | LekkeSlaap
+14

Andromeda Gastehuis

8 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jubilee-straat 34, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 000 per nag (vir 10 persone)

Beskrywing

Andromeda Gastehuis is in Sutherland in die Noord-Kaap geleë en bied die perfekte wegbreek vir groot gesinne of vriendegroepe wat op soek is na gemaklike verblyf ver van die geraas en gemaal van die stad.

Hierdie ruim Karoo-huis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en 'n enkelbed, en die derde en vierde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Twee van die slaapkamers het 'n en suite-badkamer, en daar is 'n ekstra, gemeenskaplike badkamer.

Die huis is ten volle toegerus vir selfsorgverblyf en het 'n ingeboude braai in die kombuis en 'n draagbare braai buite. Daar is 'n stoof met 'n oond, 'n mikrogolfoond en 'n yskas-vrieskas.

Andromeda het 'n TV met die basiese kanale en 'n sonkamer om 'n bietjie laatmiddagson te vang. Beddegoed, linne en handdoeke word voorsien.

Daar is 'n veilige agtertuin met swaaie wat as die ideale speelplek vir die kinders kan dien.

Slaapplek

’n Bespreking by Andromeda Gastehuis sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 8 resensies vir Andromeda Gastehuis
Netheid
4.8/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Jubilee-straat 34, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Gaste dink Andromeda Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 000
per nag (vir 10 persone)
Vanaf R3 000
per nag (vir 10 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jubilee-straat 34, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAYkGW5WKEEI2g2bPZDjyjakTkksf3vts2PbJMRTBsqYo1pH07Cw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 000  per nag (vir 10 persone) 8 5 1 5 34 Jubilee Street Sutherland 6920 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -32.392543428931 20.663927606638
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za