LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Angela's Lodge | LekkeSlaap
+80

Angela's Lodge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hammerkopstraat 4, Gariepdam, 9925, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R730 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Angela's Guest Lodge is ideaal vir die moeë reisiger wat 'n oornagplek op die lang en uitputtende pad soek. Dis ook ideaal vir diegene wat 'n paar ekstra dae in die Karoo en by die Gariepdam wil spandeer.

Die lodge was voorheen 'n enkel-montasiegebou uit asbes, maar is sedertdien stylvol omskep in 3 afsonderlike en privaat gastehuis-eenhede. Dié eenhede het elkeen 'n 3-ster-gradering van die TGCSA. Dis die ideale oornagplek vir gaste met 'n swembad vir jou gebruik wat jou sal aanpor om 'n rustige oggend te geniet voor jy jou reis voortsit.

Ons is in die dorpie Gariepdam geleë. Dié dorpie is sowat halfpad tussen Kaapstad en Johannesburg en is slegs 'n paar minute vanaf die N1, 44 km noord van Colesberg. Die Karoo is waarlik 'n unieke en beeldskone plek met min ligbesoedeling. Saans kan jy die stilte van die area geniet terwyl jy die sterreruim inneem. Baie van ons gaste neem bewegende satelliete waar.

Let daarop dat die perseel nie 'n direkte uitsig oor die Gariepdam het nie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 41 resensies vir Angela's Lodge
Netheid
4.2/5
Diens
4.1/5
Ligging
3.7/5
Veiligheid
3.7/5
Waarde vir geld
3.6/5

Ligging

  • Hammerkopstraat 4, Gariepdam, 9925, Vrystaat
  • Gaste dink Angela's Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Gariepdam Vrystaat
Vanaf R730
per nag (plek vir 2)
Vanaf R730
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hammerkopstraat 4, Gariepdam, 9925, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAArlBCPLqCfzZsd5wJ336AV7EfnUWcCZmSNG9jQODHpQ9lmSMxlB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R730  per nag (plek vir 2) 41 5 1 4 4 Hammerkop Street Gariep Dam 9925 Vrystaat 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -30.594478982157 25.492701530457
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!