Anne's Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ons by Anne's Place wil ons gaste hartlik welkom heet. Anne's Place is in 'n Franse Koloniale-styl gedekoreer wat oorvloei in die pragtige tuin in 'n stil straat, ideaal vir daardie vroegoggend draf of 'n laatmiddag wandeling. Ons vriendelike diens word gekomplementeer deur ons ligging in die hartjie van die pragtige Potchefstroom in Noord-Wes.

Ons bied verblyf in 2 kothuise, een is 'n gesinskamer met slaapplek vir 3 gaste en die ander is ook 'n gesinskamer met slaapplek vir 4 gaste. Ons is toegewyd om absolute gemak en gerief aan ons gaste te bied sodat hulle elke oomblik by ons gastehuis sal geniet. Dé gastehuis is in 'n pragtige tuin geleë waar gaste met 'n lekker glasie wyn kan ontspan of 'n laatmiddag braai langs die swembad kan geniet. Die gastehuis is in 'n veilige buurt geleë en bied ook veilige, onderdakparkeerplek aan gaste.

By Anne's Place bied ons warm en persoonlike gasvryheid, maar ons hou steeds gaste se privaatheid ingedagte. Die ontspanne omgewing is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers. Dis naby Noord-Wes Universiteit, 2 hospitale, die Aardklop-feesterrein, die Mooirivier Mall, verskeie restaurante en hoofpaaie. Dit is ideaal vir 'n gesin of groep wat privaat wil wees met 'n persoonlike, huislike atmosfeer, maar steeds al die luuksheid, kwaliteit en professionele diens wil geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Anne's Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za