Annie's Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Annie's Inn is in die pragtige Karoo-dorp Williston in die Noord-kaap geleë. Gaste kan oop ruimtes, vars en helder lug, veiligheid en fantastiese gasvryheid in die Karoo verwag.

Verblyf word in 3 slaapkamers met slaapplek vir 9 gaste aangebied. Die slaapkamers het dubbelbeddens en enkelbeddens, linne en handdoeke, TV's en koffie- en teemaakgeriewe. Braaigeriewe, 'n swembad, 'n kluis en veilige parkeerplek is beskikbaar. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, yskas, breekware en broodrooster toegerus.

Die huis het 'n lieflike groot stoep, 'n swembad en 'n groot tuin waar gaste skemerkelkies in die somer kan geniet. In die huis is daar 'n knus sitarea met 'n kaggel waar gaste in die winter kan ontspan.

Annie's Inn bied ook 'n onvergelykbare kampeer-ervaring onder die sterre in die Karoo. Die kampeerplek bied 5 privaat, groot kampeerplekke onder die bome. Die gastehuis en kampeerplek is stapafstand vanaf winkels en die restaurant in die middedorp. Gaste moet hulle stapstewels onthou, want daar is 'n hele paar stappaaie om die dorp.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Annie's Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R250 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false