Annie's

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Annie's is 'n eenslaapkamerwoonstel met aparte leefarea wat geskik is vir 'n gesin van maksimum 4 persone in 'n baie groot tuin, slegs 500 m van die swemstrand en so 200 m vanaf die winkels en restaurante af.

Dié woonstel is een van 3 eenhede op 'n privaat perseel. Die eenhede word apart verhuur en elke eenheid is 'n volledige aparte woonstel, maar hulle kan ook saam gehuur word. Annie's het 'n onderdakstoep met sy eie braai op wiele sodat jy dit kan rondskuif in die tuin. Daar is nog 'n braai-area laer af in die tuin onder die bome.

Die dubbelslaapkamer het 'n dubbelbed en die leefarea het 2 enkelbed-divans, wat bedags as banke dien en saans as slaapplek. Dit is ideaal vir 'n paartjie of 'n gesin van 4.

Die oopplan-kombuis het 'n yskas/vrieskas kombinasie, mikrogolf, tweeplaatstofie, oond, strykyster, broodrooster en genoeg kombuisgereedskap. Daar is ook tee, koffie, suiker, sout, peper, opwasmiddel en 'n houer met beskuit.

Die TV is gekonnekteer aan 'n satellietskottel en het 'n OVHD-dekodeerder. As jy jou eie dekodeerder saambring kan jy dus DStv kyk.

Daar is ook WiFi.

Die badkamer bestaan uit toilet, wasbak en stort. Toiletpapier en vloeibare seep is ook beskikbaar.

Die groot fynbostuin skep 'n rustige atmosfeer en daar is 'n klomp voëltjies om dop te hou. Sekere dele van die tuin het 'n beperkte see-uitsig en gaste kan die see hoor in die aande.

Slaapplek

'n Bespreking by Annie's sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensie geriewe

  •  DVD-speler
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Annie's gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R680 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]