Annika Self-catering & B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Annika Self-catering & B&B is aan die voetheuwels van Papegaaiberg in Stellenbosch geleë. Verblyf word aangebied in 'n selfsorgeenheid en 'n gastekamer.

Die selfsorgeenheid beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n sitkamer en 'n kombuis. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens en die leefarea het 2 dagbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee-e en koffiemaakgeriewe. Die sitkamer het 'n TV met plaaslike kanale. Daar is ook gemeenskaplike braaigeriewe beskikbaar.

Die gastekamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kamer het ook 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Dié gastehuis is 4 km vanaf Stellenbosch en naby Oude Libertas Teater wat ook die venue is vir die Slow Food Market wat elke Saterdagoggend plaasvind. Dit is ook die ideale ligging om die menigte wynplase in en om Stellenbosch te verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Satelliet-TV
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Annika Self-catering & B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za