Appelkooskop Kothuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Appelkooskop bied totale afgesondering, 'n ouwêreldse atmosfeer en fokus op details wat gewoonlik onderskat word. Dis een van daardie plekke waar stedelike rookmis doodeenvoudig verdwyn sodra jy by die voordeur instap.

Dié bekoorlike klipkothuis in 'n stil, afgeleë vallei tussen Swellendam en Bredasdorp geleë, nie ver van die R319 af nie. Wanneer ons verwys na afgesonderdheid bedoel ons presies dit, met die naaste mense 3 km ver in die hoofplaashuis waar jou gasvrye gashere Nalise en Mike die lekkerlewe leef.

Met jou aankoms by hierdie idilliese blyplek, moet jy eerstens kennis neem van die bottel rooiwyn en beskuit wat jou verwelkom, maar ook van die hoorbare stilte, die oop blou lug en omliggende heuwels. Die kothuis is smaakvol gemeubileer, binne en buite, en spog met 'n vermenging van pragtige klipwerk, rou gepleisterde mure en antieke meubelstukke wat oor die jare versamel is.

Tussen die kothuis se koel klipmure is daar ’n dubbelkamer met ’n koningingrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n stort. Daar is ook ’n solder-area met 2 enkelbeddens, ideaal vir ’n klein gesin met kinders. Die oopplan-kombuis het 'n gasstoof, yskas, eethoekie en kaggel, en langsaan is ’n snoesige sitkamer. Appelkooskop is onafhanklik van Eskom In plaas van helder elektriese ligte kan jy bederf word met die romantiese gloed van kerslig en olielampe.

Maak die dubbeldeure na die onderdak veranda oop en binne 'n oomblik het jy 'n panoramiese uitsigte wat jou asem behoorlik sal wegslaan. Sit hier en geniet die rustige natuurgeluide van die omgewing. Daar is ook 'n ingeboude braaiplek.

Algehele afsondering kan die gas se gemoed soms erg skok. Indien jy dus 'n aanval van rusteloosheid ervaar kan jy die De Hoop Natuurreservaat, Bredasdorp en Malgas in die omgewing besoek. Die plaas bied ook lang staproetes, bergfietsroetes en skemerkelkies by die nabygeleë uitkykpunt met 'n 360°-uitsig op die Overberg.

Slaapplek

'n Bespreking by Appelkooskop Kothuis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Kaggel

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Appelkooskop Kothuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za