Apple and Spice

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Apple and Spice Guesthouse is in Heather Park en kyk uit oor die skoonvelde van Fancourt Gholflandgoed. Dit is sorgsaam deur argitekte beplan, en stylvol ontwerp met oordeelkundige gaste se gerief in gedagte.

Daar is 4 en suite-kamers. Die badkamers is uiters modern en het ondervloerse verhitting vir koue wintersaande. Verder is daar 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolf, tweeplaatstoof en broodrooster. Elke kamer het tee- en koffiemaakgeriewe, plafonwaaiers, platskerm-TV's met DStv, en 'n gratis karaf De Krans sjerrie.

Die gastehuis het 'n lieflike patio met 'n swembad vir die privaat gebruik van gaste. Ontbyt is 'n feestelike ervaring en die gashere kom telkens met vars ontbyt-idees vorendag. Alle etes word deur die eienaars self sorgsaam voorberei en bedien.

Apple and Spice is 4 km vanaf die middedorp, 4 km vanaf Fancourt Gholflandgoed, 2 km vanaf Kingswood Gholflandgoed en 15 minute vanaf George Lughawe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Apple And Spice gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]