Deneysville Akkommodasie by Aqua View 27 & 29 Guesthouse | LekkeSlaap
+39
+39

Aqua View 27 & 29 Guesthouse

4 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 50 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aqua-straat 27-29, Deneysville, Vaaldam, 1932, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Aqua View 27 & 29 Guesthouse is aan die oewer van die Vaaldamin die bekoorlike dorpie, Deneysville geleë. Dit is slegs 'n uur van Johannesburg af en bied elegante, ruim en gerieflike akkommodasie teen sakpaspryse vir groepe van 6 volwassenes en 4 kinders tot 18 volwassenes en 15 kinders.

Aqua View 27 bied slaapplek vir tot 8 gaste in 4 slaapkamers, terwyl Aqua View 29 slaapplek het vir 12 gaste in 6 slaapkamers. Die 2 eenhede kan saam bespreek word as 'n geheel of apart vir 2 groepe gaste.

Daar is 2 oopplan-kombuise elk met 'n oond, mikrogolfoond, wasmasjien en yskas-vrieskas. Daar is ook 3 luukse sitkamers met volledige DStv en 2 eetkamers. By die swembad is daar 'n selfsorgkroeg met braaigeriewe. Aqua View kan gebruik word vir troues, funksies, konferensies en spesiale geleenthede. Daar is veilige parkeerplek vir motors en bote. Ons is ook 'n troeteldiervriendelike instansie.

Doendinge en besienswaardighede:

Daar is 'n aantal restaurante. Jy kan hier op kano- en bootvaarte gaan, ski, fietsry en visvang. Daar is 'n pretpart, die gewilde Marina Kasteel, 'n krokodil- en leeuplaas, die historiese motorfiets-museum, 3 seiljagklubs en verskeie bekende gholfbane is slegs 25 min van ons af. Nog nabygeleë geriewe sluit in: Emerald Casino waar jy kan dobbel, kegelbal, die Aquadome, 'n Afrika-spa met hoë standaard behandelings, muurklim, putt-putt, Animal World met 500 diere van 88 verskillende spesies, wildritte, 4x4-bane/vierwielmotorfietsry, 'n resiesbaan en 'n voëlpark.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 4 resensies vir Aqua View 27 & 29 Guesthouse
Netheid
4.5/5
Diens
3.8/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
3.8/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Aqua-straat 27-29, Deneysville, Vaaldam, 1932, Vrystaat
  • Gaste dink Aqua View 27 & 29 Guesthouse het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 50 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aqua-straat 27-29, Deneysville, Vaaldam, 1932, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY1NjhkYTVjLWY5ZGYtNDVkMy05MTNhLWIyNTU4ZjJjNTEyYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 4 5 1 4 27-29 Aqua Street Deneysville 1932 Vrystaat 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -26.892296 28.101047
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za