LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Arcadia | LekkeSlaap
+40

Arcadia

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Mora Plaas, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Arcadia is op ’n pragtige sandsteenheuwel met ongelooflike uitsigte op die Rooieberge op ’n plaas geleë. Dié plaas is sowat 18,2 km vanaf Fouriesburg, ’n klein dorpie in die Oos-Vrystaat, en 35 km vanaf Clarens.

Die huis bied slaapplek aan 12 gaste en het 3 slaapkamers, 1 badkamer en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en die tweede kamer het ’n dubbebed. Daar is 4 stapelbeddens in die derde kamer wat ideaal is vir 8 kinders. 2 matrasse is beskikbaar op versoek. Die badkamer het ’n gasgeiser, ’n stort, wasbak en toilet. Daar is ook ’n ekstra gastetoilet.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met ’n ESSE-stoof en -oond, tweeplaatgasstoof, gasyskas, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 8 en die sitarea het ’n gemaklike sitkamerstel en kaggel. Daar is ’n lapa-area met oorgenoeg sitplek en braaigeriewe.

Aangesien dit 'n eko-vriendelike instansie is en tussen die berge geleë is, het die huis nie elektrisiteit nie en maak dit van gas en olielampe gebruik. Die huis het linne, handdoeke, seep, toiletpapier, vaddoeke, potte, panne, 'n klein gasstofie, skottel en driebeenpotjie. ’n Sak hout word elke dag voorsien en in die winter word ekstra hout voorsien vir die kaggel. Komplimentêre lonia-sjerrie, tuisgebakte beskuit, en 'n rakkie met 30 plaaseiers word met aankoms voorsien.

Veilige parkeerplek is beskikbaar en ’n skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek teen ’n addisionele koste.

Besienswaardighede op die plaas sluit watervalle, Boesmanrotstekening, veldblomme, klein wild, voetslaanpaaie en 'n visvangdammetjie in.

Daar is krag beskikbaar vir spesiale geleenthede, maar gaste moet vooraf reel om daarvan gebruik te maak.

Slaapplek

’n Bespreking by Arcadia sluit in:

Koningingrootte-bed Kindermatras vir 2
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKindermatras vir 2
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 8 persone
4 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Gimnasium

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 6 resensies vir Arcadia
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Mora Plaas, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Gaste dink Arcadia het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Golden Gate Streek Vrystaat
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 12)
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Mora Plaas, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAArUbThFP7y0lHT4gDNVsYySFx9D4AKUfvLHvEQG9oMsbhB19UBf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 500  per nag (plek vir 12) 6 5 1 5 Mora Farm Fouriesburg 9725 Vrystaat 086 999 0018 12:00-19:00 12:00 -28.6067935 28.3518458
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!