LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by ArendsRus Country Lodge | LekkeSlaap
+70

ArendsRus Country Lodge

Lodge
  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel 28, Geelhoutboom 217, George, 6537, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

ArendsRus is net 20 minute buite George, die hoofstad van die Tuinroete, en is binne 'n uur se ry van die Tuinroete se gewildste besienwaardighede: van Oudtshoorn en die Kango-grotte, tot Mosselbaai se bekende Dias-museum, van Wilderness se meerdistrik tot Knysna se betowerende strandmeer.

5 en suite-dubbelkamers en 1 en suite-wittebroodsuite bied stylvolle akkommodasie vir enige reisiger. Al die kamers het standaard en suite-bad en stortgeriewe. Tee- en koffiegeriewe, telefone (in die kamer), horlosieradio, verhitting, dakwaaiers, Egiptiese katoenlinne (800-draadtelling) vir uiterse luuksheid en badkamergeskenkpakke sal jou van gerief verseker. Ons voorsien toegevoegde ekstras in die kamer soos ekstra komberse, warmwaterbottels, 'n sambreel, 'n flits en 'n haardroër sodat jy alles het wat jy nodig het. Met aankoms kan gaste 'n glas sjerrie, sjokolade en vars vrugte geniet om hulle waarlik tuis te laat voel.

Die akkommodasie is in die fynbostuine met asemrowende uitsigte geleë waar jy rustig na die voëls kan kyk, of dalk eerder eenvoudig die uitsig bewonder terwyl jy aan 'n heerlike maaltyd smul. Daar is ook gemaklike stoele en 'n tafel op elke balkon. Die houthuisontwerp skep die illusie dat jy werklik iewers in die wildernis is. 'n Verhitte swembad en braai-area word ook vir jou vermaak voorsien. Gaste moet vooraf laat weet of hulle die swembad verhit wil hê, aangesien dit met 'n houtvuur verhit word.

ArendsRus se kombuispersoneel is toegewyd om smullekker geregte in 'n beeldskone en gemaklike omgewing te bedien. Die restaurant is oop vir ontbyt, middagete en aandete (aandete per afspraak). Geniet 'n egte, tradisionele Suid-Afrikaanse gereg propvol tuisgekweekte kruie en groente terwyl jy die sonsondergang bewonder. Nie net is ArendsRus naby George, die hoofstad van die Tuinroete geleë nie, dit is ook net 20 minute van die naaste strand af. ArendsRus is aan die voorheuwels van die Outeniekwaberge in die plaasomgewing Geelhoutboom. Daar is 'n kort grondpad van 3 km.

Kenmerke

Swembad

Geriewe

  • Swembad
  • Restaurant op Perseel

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 60 resensies vir ArendsRus Country Lodge
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Deel 28, Geelhoutboom 217, George, 6537, Wes-Kaap
  • Gaste dink ArendsRus Country Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

George Wes-Kaap
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel 28, Geelhoutboom 217, George, 6537, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRhYWE3ZThmLTQ0ZGItNGUzNC1iNmZlLTJlY2I0NTcyMjVhNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 60 5 1 5 Farm 28, Koesterbos Road Geelhoutboom 217 6537 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -33.930816817192 22.324550151789
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!