Grahamstad Akkommodasie by Aries Guest | LekkeSlaap
+17
+17

Aries Guest

4 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 500 per nag (vir 4 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Caldecott Straat , , Grahamstad, 1639, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Aries Guest bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde tweeslaapkamerwoonstel in 'n veilige woonstelblok in Oatlands in Grahamstad. Die woonstelblok is naby die dorp asook Rhodes Universiteit.

Die woonstel bied slaapplek vir 4 gaste en bestaan uit 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-sitkamer en -kombuis. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Linne en badhanddoeke word voorsien. Skuifdeure lei van die sitkamer af na die patio wat mooi uitsigte oor die dorp bied.

Die kombuis het graniet-toonbanke en is toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n gasstoof, oond, yskas en 'n wasmasjien. Die woonstel is ten volle gemeubileer en sluit 'n TV met sekere DStv-kanale in. Daar is plafonwaaiers regdeur die woonstel en in die winter word daar dekens en elektriese komberse voorsien om die koue te verdryf. Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig en daar is nog parkeerplek vir addisionele voertuie op die perseel. Aries Guest is die ideale plek vir sakereisigers, besoekers, gesinne of vriende.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 4 resensies vir Aries Guest
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • 6 Caldecott Straat , , Grahamstad, 1639, Oos-Kaap
  • Gaste dink Aries Guest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 500
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 500
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Caldecott Straat , , Grahamstad, 1639, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIzMDAzMWM1LTAyMzItNDhmMC1hMzJiLTFmZTQxOGRjNmY4Mg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (vir 4 persone) 4 5 1 5 6 Caldecott Street Unit 30 Aries Nest 1639 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.306176 26.52847
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za