Arotin Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Arotin Game Lodge het nog 'n boskamp gestig, hierdie keer in die Noordwes Provinsie. Ons is diep in die bos geleë, tussen die berge en ons spog met 'n oorvloed plant- en dierlewe. Daar is meer as 10 soorte wildsbokke en ons bied 'n pragtige omgewing vir natuurliefhebbers en voëlkykers. Ons het ook 'n saal wat ideaal is vir troues. Dit kyk oor die hooflodge en dam uit en word omring deur inheemse bome.

Ons het 5 selfsorg-eenhede wat beskik oor 'n dubbelbed, 'n badkamer, 'n sitarea en 'n kombuis. Daar is 'n ten volle toegeruste plaasstyl-kombuis naby die lapa waar jy saam met mede gaste en vriende kan kuier.

Ons grens aan die Krokodilrivier en spog met 'n oorvloed plant- en dierlewe. Daar is meer as 10 soorte wildsbokke, insluitend die swartwitpens en die goue wildebees. Daar is ook oor die 100 verskillende inheemse bome, wat die ideale omgewing skep vir natuurliefhebbers en voëlkykers.

Ons bied gratis wildritte aan gaste, in die reservaat en in die berge. Die 2 uur lange rit sluit ook 'n besoek aan die kampe waar die swartwitpense en goue wildebeeste geteel word in. Dit is definitief 'n moet sien en gaste moenie hul kameras vergeet nie!

Ander doendinge: staproetes, baarsvang, pyl-en-boog (op ons skietbaan) en 'n swembad.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Arotin Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]